3. Ek behoort aan die man wat ek liefhet,en die man wat ek liefhet, is myne,hy wat sy skape tussen die lelies laat wei.”
4. “My liefling, jy is so mooi soos Tirsa,so aantreklik soos Jerusalem,so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers.
5. Draai jou oë liewer weg van my af,hulle maak my onrustig.Jou hare is soos 'n trop bokkewat teen die Gileadberge afkom.
6. Jou tande is so wit soos 'n trop ooiewat nou net skoon gewas is,elkeen met 'n tweeling,nie een sonder 'n lam nie.
7. Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitteagter jou sluier.
8. “Daar is sestig koninginne,tagtig byvroue,jong vroue sonder tal,
9. maar sy, my duif, my volmaakte, is enig,die enigste dogter van haar ma,haar ma se oogappel.Die jongmeisies kyk na haar;hulle praat met bewondering oor haar,die koninginne en die byvroue sing haar lof.