3. Jou lippe is soos skarlakenrooi lint,jou mond bekoor my.Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitteagter jou sluier.
4. Dié aan jou nek is soos die Dawidstoringwat uit rye klip gebou is;aan hom hang duisend skilde,al die skilde van die helde.
5. Jou twee borste is soos takboklammers,soos die tweeling van 'n ribbokwat tussen die lelies wei.
6. Wanneer die aandwind begin waaien die skaduwees lank word,wil ek na my mirreberg,my wierookheuwel, toe gaan.
7. Alles aan jou is mooi, my liefling,aan jou is niks verkeerd nie.
8. Kom saam met my van die Libanon af, my bruid,kom saam met my van die Libanon af,kom af hier van die top van Amana,van die top van Senir en Hermon af,weg van die leeus se skuilplekke,weg van die luiperds se hoë lêplekke af.