Hooglied 3:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. “Wie is dit wat daar soos 'n rookwolkuit die woestyn uit kom,omgewe deur die geur van mirre, van wierook,van al die lekkerruik-kruie in die handel?

7. Kyk, sy drastoel is dié van Salomo self!Dit word begelei deur sestig soldate,van Israel se soldate,

8. elkeen vaardig met die swaard,opgelei vir oorlog,elkeen met 'n swaard aan die sy,gereed vir die nag se gevare.

9. Koning Salomo het van Libanonhoutvir hom 'n drastoel laat maak.

Hooglied 3