Hooglied 2:3-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. “Soos 'n appelboom tussen wilde bome,so is die man wat ek liefhet, tussen die jongmans.Ek sit graag in sy skaduwee,sy vrugte is soet in my mond.

4. Hy vat my na 'n feesplek toe;hy straal van liefde vir my.

5. Julle moet vir my rosyntjies gee om my sterk te maak,julle moet my met appels verfris,want die liefde verteer my.

6. Sy linkerarm is onder my kop,sy regterarm omhels my.

7. Vroue van Jerusalem, ek smeek julleen ek roep die ribbokke en die takbokke in die veld tot getuie:moenie die liefde wakker maak en aanvuurvoor die tyd daarvoor ryp is nie.

8. “Luister, daar kom die man wat ek liefhet!Hy spring oor die berge,hy wip oor die rante.

9. Die man wat ek liefhet, maak soos 'n ribbok,soos 'n takboklam.Kyk, daar staan hy agter ons huis se muur,hy kyk by die venster in,hy loer deur die latwerk!

10. Die man wat ek liefhet, praat, hy sê vir my:‘Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!

11. Kyk, die reëntyd is verby,die reën is oor, dis weg.

Hooglied 2