Hebreërs 12:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle 'n stryd om lewe of dood geword het nie.

5. Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word:“My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie,

6. want die Here tug hom wat Hy liefhet,Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.”

7. Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien 'n kind wat nie deur sy vader getug word nie?

8. As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie.

9. Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie?

10. Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel.

Hebreërs 12