Handelinge 9:18-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop;

19. en hy het geëet en sy kragte herwin.Saulus het 'n paar dae daar by die gelowiges in Damaskus gebly

20. en dadelik in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is.

21. Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: “Is dit nie die man wat in Jerusalem die mense wat hierdie Naam aanroep, wou uitroei nie? En het hy nie ook hierheen gekom om hulle gevange te neem en voor die priesterhoofde te bring nie?”

22. Maar Saulus het al hoe kragtiger gepreek en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Jesus die Christus is.

23. Na verloop van tyd het die Jode saamgesweer om Saulus te vermoor,

Handelinge 9