Handelinge 5:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Hulle het die apostels oop en bloot laat vang en in die tronk gestop.

19. Maar 'n engel van die Here het in die nag die tronkdeure oopgemaak, die apostels uitgelei en vir hulle gesê:

20. “Gaan staan in die tempel en verkondig aan die volk die volle boodskap van hierdie nuwe lewe.”

Handelinge 5