Handelinge 25:24-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Toe sê Festus: “Koning Agrippa en almal hier teenwoordig, kyk, dit is die man teen wie al die Jode in Jerusalem en hier 'n aanklag by my ingebring het. Hulle het geskreeu dat hy nie langer behoort te lewe nie.

25. Ek kon egter nie vasstel dat hy iets gedoen het wat die doodstraf verdien nie. Aangesien hy hom op die keiser beroep het, het ek besluit om hom daarheen te stuur.

26. Maar ek weet eintlik nie wat ek vir die keiser moet skrywe nie. Daarom het ek hom voor u gebring, en veral voor u, koning Agrippa, sodat ek ná die ondersoek iets kan hê om te skrywe.

27. Dit is sinloos, lyk dit vir my, om 'n gevangene te stuur sonder om die aanklag teen hom duidelik aan te gee.”

Handelinge 25