30. Maar hy was 'n profeet en hy het geweet dat God met 'n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge op sy troon sou sit.
31. Daarom het hy die opstanding van die Christus vooruit gesien en gesê:“Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie,en sy liggaam het nie vergaan nie.
32. “God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies.
33. Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort. Dit is wat julle nou sien en hoor.
34. Dawid het nie na die hemel toe opgevaar nie, en tog sê hy:“Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand