Handelinge 2:18-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Ja, op my dienaars en my dienaressesal Ek in daardie dae my Gees uitstort,en hulle sal as profete optree.

19. Ek sal tekens bo in die lugen wonders onder op die aarde gee:bloed en vuur en rookwolke.

20. Die son sal pikdonker worden die maan bloedrooivoordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.

21. So sal dit dan wees:elkeen wat die Naam van die Here aanroep,sal gered word.

22. “Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self.

23. God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak.

24. Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.

25. Van Hom sê Dawid:“Ek het die Here altyd voor oë.Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie.

Handelinge 2