9. U het u boog uitgehaalen met 'n eed die opdrag aan die pyle bevestig. SelaU het die aarde oopgebreek en riviere laat stroom.
10. Toe die berge U sien, het hulle gebewe,stormwaters het verbygespoel,die diep water het gedreunen sy golwe hoog laat opslaan.
11. Toe u vlieënde pyle blitsen u blink spies flikker,het die son en die maan gaan stilstaan op hulle plek.
12. In u gramskap stap U oor die aarde,in u toorn vertrap U die nasies.
13. U het uitgegaan om u volk te red,om u gesalfde koning te red.U verpletter die aanvoerder van die goddeloses,U stroop hulle kaal van kop tot tone. Sela
14. Met sy eie pyle deurboor U die aanvoerderwanneer sy manskappe uitstorm om ons te verstrooiterwyl hulle jubel soos dié wat dieellendiges in hulle skuilplekke verslind.
15. U trek deur die see met u perdesodat die magtige waters bruis.