Genesis 7:15-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Van al wat leef, het daar pare-pare na Noag toe in die ark gekom.

16. Hulle het ingekom, manlik en vroulik, soos God vir Noag gesê het. En toe het die Here die ark agter Noag toegesluit.

17. Die oorstroming het oor die aarde gekom, veertig dae lank, en die water het al hoe meer geword. Dit het die ark opgelig en die ark het begin opstyg bokant die aarde.

18. Maar die waters het nog meer en nog sterker geword op die aarde en die ark het op die waters begin dryf.

19. Die waters op die aarde het nog meer en meer geword, sodat hulle al die hoë berge wat daar onder die hemel is, bedek het.

20. Die water het amper sewe meter bokant die berge gestyg en dit bedek.

Genesis 7