6. Die farao het geantwoord: “Gaan, en begrawe jou vader soos hy jou met 'n eed laat beloof het.”
7. Josef is toe weg om sy pa te gaan begrawe. Al die amptenare van die farao, die raadgewers van die paleis en die leiers van Egipte is met hom saam,
8. die hele familie van Josef en sy broers en die familie van sy pa is ook saam. Net die kinders, die kleinvee en die grootvee het in die Gosenstreek agtergebly.
9. Waens en perde is met Josef saam. Dit was 'n baie groot stoet.
10. Toe hulle by die dorsvloer van Atad oos van die Jordaan kom, het hulle sewe dae lank daar getreur en gerou oor hulle pa. Hulle het baie getreur oor hom.