Genesis 5:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Nadat Set vir hom gebore is, het Adam nog 800 jaar geleef en seuns en dogters gehad.

5. Adam was dus 930 jaar toe hy gesterf het.

6. Toe Set 105 was, het hy die vader geword van Enos.

7. Set het na die geboorte van Enos nog 807 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

8. Set was dus 912 jaar toe hy gesterf het.

9. Toe Enos 90 was, het hy die vader geword van Kenan.

10. Enos het na die geboorte van Kenan nog 815 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

Genesis 5