Genesis 5:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Enos het na die geboorte van Kenan nog 815 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

11. Enos was dus 905 jaar toe hy gesterf het.

12. Toe Kenan 70 was, het hy die vader geword van Mahalalel.

13. Kenan het na die geboorte van Mahalalel nog 840 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

14. Kenan was dus 910 jaar toe hy gesterf het.

15. Toe Mahalalel 65 was, het hy die vader geword van Jered.

Genesis 5