36. Na sy dood het Samla geregeer. Hy was afkomstig uit Masreka.
37. Na sy dood het Saul geregeer. Hy was afkomstig uit Regobot-aan-die-Rivier.
38. Na sy dood het Baäl-Ganan seun van Akbor geregeer.
39. Na sy dood het Hadar in die stad Paü geregeer. Sy vrou was Mehetabel dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.
40. Dit is die stamhoofde van Esau volgens hulle families en hulle woonplekke. Hulle was Timna, Alwa, Jetet,
41. Oholibama, Ela, Pinon,
42. Kenas, Teman, Mibsar,
43. Magdiël en Iram. Dit is die name van die stamhoofde van Edom volgens hulle woonplekke in die land waar hulle besittings gehad het. Esau was die voorvader van Edom.