1. Jakob het sy koers gegaan, en engele van God het hom teëgekom.
2. Toe Jakob hulle sien, sê hy: “Dit is 'n leër van God,” en Jakob het die plek Maganajim genoem.
3. Daarna het Jakob boodskappers vooruitgestuur na sy broer Esau toe, na die Seïrstreek toe, die gebied van Edom.
4. Jakob het vir hulle gesê: “So moet julle vir my geagte broer, vir Esau sê: So sê Jakob wat aan u onderdanig wil wees: Ek het tot nou toe by Laban gebly.
5. Ek besit beeste, donkies, kleinvee, slawe en slavinne. Ek laat u dit weet om te verneem of ek by u welkom sal wees.”