Genesis 30:23-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en toe sê sy: “God het my skande weggeneem.”

24. Toe noem sy die seun Josef, “want,” het sy gesê, “die Here sal my nog 'n seun gee.”

25. Nadat Ragel vir Josef in die wêreld gebring het, het Jakob vir Laban gesê: “Laat my trek. Ek wil na my geboorteland toe gaan.

26. Gee my nou my vrouens en kinders vir wie ek by u gewerk het, want ek wil weggaan. U weet hoe goed ek vir u gewerk het.”

27. Maar Laban het vir hom gesê: “Dink tog aan wat jy vir my beteken. Ek het die tekens gelees en agtergekom dat die Here my seën om jou ontwil.”

28. Verder het Laban vir Jakob gesê: “Stel self jou loon vas, en ek betaal jou dit om vir my te werk.”

Genesis 30