Genesis 18:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het aan Abraham verskyn by die groot bome van Mamre. Terwyl hy op die warmste van die dag by sy tentdeur sit,

2. kyk hy op en sien drie mans daar naby staan. Toe hy hulle sien, het hy van sy tentdeur af na hulle toe gedraf en voor hulle gebuig.

3. Hy het gesê: “Menere, u sal my 'n guns bewys deur nie by my verby te gaan nie.

4. Laat ek eers 'n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was, en kom rus dan onder die boom.

Genesis 18