1. Hier volg besonderhede oor Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Na die oorstroming is daar ook vir hulle kinders gebore.
2. Die nageslag van Jafet:Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras.
3. Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.
4. Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom.
5. Uit hulle het die mense wat nou die kusstreke bewoon, daarnatoe versprei, volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal.
6. Die nageslag van Gam:Kus, Egipte, Put en Kanaän.
7. Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.
8. Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde.
9. Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here. Daarom word daar gesê: “'n Dapper jagter in die oë van die Here, soos Nimrod.”