Genesis 1:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Toe het God gesê: “Laat daar 'n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.”

7. So het dit gebeur.God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf.

8. God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag.

Genesis 1