5. Toe vra koning Ahasveros vir koningin Ester: “Wie is dit wat so iets beplan, en waar is hy?”
6. en Ester antwoord: “Die teëstander en vyand is hierdie lae mens, hierdie Haman.”Haman het groot geskrik daar in teenwoordigheid van die koning en koningin.
7. Die koning het woedend van die ete af opgestaan en na die tuin van die paleis toe gegaan. Haman het egter bly staan om by koningin Ester om sy lewe te smeek, want hy het gesien dat die koning klaar oor sy ondergang besluit het.