5. Die koning beveel toe: “Bring gou vir Haman dat ons kan doen wat Ester vra.”Die koning en Haman is toe na die maaltyd toe wat Ester voorberei het.
6. Terwyl hulle wyn drink, vra die koning vir Ester: “Wat is dit wat jy wil vra? Dit sal vir jou gegee word. Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.”
7. Ester het geantwoord: “My wens en my versoek is soos volg:
8. as die koning my goedgesind is, en as die koning dit goedvind om aan my wens te voldoen en my versoek toe te staan, kom dan môre saam met Haman na die maaltyd toe wat ek vir u sal berei. Dán sal ek my wens aan die koning bekend maak.”
9. Haman het dié dag bly en opgeruimd weggegaan, maar toe hy vir Mordegai in die poort van die paleis sien sit, en Mordegai staan weer nie op om aan hom eer te bewys nie, was hy woedend vir Mordegai.