15. Ester het toe vir Mordegai laat weet:
16. “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”
17. Mordegai is toe weg en het alles gedoen wat Ester hom beveel het.