Ester 2:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Ester is na koning Ahasveros toe in die paleis geneem in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende regeringsjaar van die koning.

17. Die koning het meer van Ester gehou as van enigeen van die ander vrouens en hy was meer in sy skik met haar as met enige ander jongmeisie. Hy het toe die kroon op haar kop gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.

18. Die koning het toe 'n groot onthaal gegee vir al sy hoë amptenare en almal wat in sy diens was, 'n onthaal ter ere van Ester. Hy het die verpligtinge van sy onderdane in al die provinsies verminder en geskenke uitgedeel met koninklike vrygewigheid.

19. In die tyd toe die jongmeisies daar bymekaar was, het nog iets gebeur: Mordegai het in die poort van die koning se paleis gesit,

20. en Ester het in dié stadium nog nie haar afkoms en haar volksverband bekend gemaak nie, soos Mordegai haar beveel het; sy het Mordegai se opdrag uitgevoer soos toe sy nog onder sy sorg was.

Ester 2