Esra 7:10-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Esra het hom gewy aan die wet van die Here. Hy wou dit in die praktyk toepas en Israel elke voorskrif en bepaling leer.

11. Hier volg 'n afskrif van die volmag wat koning Artasasta verleen het aan die geleerde priester Esra, wat op hoogte was van alles in verband met die gebod van die Here en met sy voorskrifte aan Israel:

12. “Artasasta, koning oor ander konings, aan die priester Esra, die skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel.

13. “Ek gee hiermee opdrag dat enigiemand in my ryk wat tot die volk Israel, sy priesters of sy Leviete behoort en wat wil gaan, met jou saam na Jerusalem toe kan gaan.

14. Jy word deur die koning en sy sewe adviseurs afgevaardig om aan die hand van die wet van jou God waarin jy onderleg is, vas te stel hoe sake in Juda en Jerusalem staan.

Esra 7