Esegiël 9:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe hoor ek die Here hard roep: “Die straf is naby vir die stad! Elkeen het sy wapen in die hand vir die vernietiging!”

2. Daar kom toe ses manne van die boonste poort af, die poort wat noord kyk, elkeen met die wapen vir die verwoesting in sy hand. Een van hulle het linneklere aangehad, met 'n skrywersakkie aan sy gordel. Die manne het langs die bronsaltaar kom staan.

Esegiël 9