Esegiël 48:23-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. “Die stamme wat oorbly en wat elkeen ook 'n strook van die oosgrens af tot teen die wesgrens moet kry, is Benjamin,

24. Simeon,

25. Issaskar,

26. Sebulon en

27. Gad.

28. Suid van Gad se gebied loop die grens van Tamar af oor die waters van Meriba-Kades met die spruit langs tot aan die Groot See.

29. “Dit is die land wat julle deur loting as besitting moet verdeel tussen die Israelitiese stamme en dit is die dele wat elkeen moet kry,” sê die Here my God.

30. “Die uitgange uit die stad uit moet soos volg wees: die noordelike stadsgrens moet twee en 'n kwart kilometer lank wees

31. met drie poorte, genoem na stamme van Israel: Ruben, Juda en Levi.

32. Die ander stadsgrense moet elkeen ook twee en 'n kwart kilometer lank wees, elk met drie poorte, aan die oostekant Josef, Benjamin en Dan,

33. aan die suidekant Simeon, Issaskar en Sebulon,

34. en aan die westekant Gad, Aser en Naftali.

35. “Die omtrek van die stad moet nege kilometer wees, en sy naam moet van vandag af wees: Die Here is daar.”

Esegiël 48