1. “Mens, tree op as profeet teen Gog en sê: So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Gog, hoofregeerder van Mesek en Tubal.
2. Ek sal jou in 'n ander rigting laat draai en jou aan die hand lei en jou uit die verre noorde laat uitkom en jou die berge van Israel laat inval.
3. Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
26-27. Wanneer hulle weer veilig in hulle land woon en vir niemand bang hoef te wees nie, wanneer Ek hulle terugbring onder die nasies uit en hulle bymekaarmaak uit die lande van hulle vyande, sal hulle die vernedering vergeet wat hulle moes ondergaan oor hulle ontrou aan My. Ek sal My voor die oë van al die nasies deur Israel laat erken as die heilige God.