Esegiël 37:26-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Ek sal met hulle 'n verbond sluit wat vir hulle vrede sal bring, 'n verbond wat altyd sal bestaan. Ek sal hulle baie laat word en my heiligdom tussen hulle oprig om altyd daar te wees.

27. My woonplek sal by hulle wees; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.

28. Wanneer my heiligdom vir altyd tussen hulle is, sal die ander nasies besef dat Ek, die Here, Israel vir My afgesonder het.”

Esegiël 37