11. So sê die Here my God:“Die koning van Babel se swaard is in aantog teen jou:
12. Ek laat jou hordes val voor die aanslag van sy soldate,almal wrede mense;hulle sal die trots van Egipte vernietig,sy hele leër sal uitgeroei word.
13. Ek roei al sy vee uitdaar langs die baie water.Die water sal nie meer geroer word deur die voet van 'n mensof modderig gemaak word deur vee se pote nie.
14. Dan sal Ek die water weer helder laat worden Egipte se strome so rustig laat vloei soos strome olie,”sê die Here my God.
15. “Wanneer Ek Egipte 'n verlate land maak,hom stroop van wat in hom is,wanneer Ek al sy inwoners laat omkom,sal hulle besef dat Ek die Here is.
16. Dit is die treurlied wat gesing sal word;die vroue van ander nasies sal dit sing,hulle sal dit sing oor Egipte en al sy hordes,”sê die Here my God.
17. Op die vyftiende van die maand, in die twaalfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:
18. “Mens, sing vir die hordes van Egipte die lied wat vir dooies gesing word.“Stuur hulle en ook die ander magtige nasies afin die graf in na dié toe wat reeds dood is.
19. Moet dit met julle beter gaan as met ander?Gaan af, gaan lê by die eerloses!
20. Hulle val tussen dié wat gesneuwel het.Die swaard het sy werk gedoen:Egipte en al sy hordes word weggesleep.
21. Uit die graf sê die magtige krygsmanneoor Egipte en sy helpers:‘Hulle is af graf toe, hulle lê by die eerloses,by dié wat gesneuwel het!’
22. Assirië en sy hele leërmag is daar.Rondom hom lê die grafte van sy mense,almal dood, afgemaai deur die swaard.
23. Sy grafte lê diep in die doderyk;rondom hom lê sy leërmag begrawe,almal dood, afgemaai deur die swaard,dié mense wat verskrikking gesaai hetin die land van die lewendes.
24. “Elam en al sy hordes is daar;hulle lê rondom hom begrawe,almal dood, afgemaai deur die swaard.Dié mense wat eerloos af is na die doderyk toe,is die mense wat verskrikking gesaai hetin die land van die lewendes.Nou dra hulle hulle vernederingsaam met dié wat reeds dood is.
25. Elam het sy plek gekry tussen die dooies,met die grafte van al sy hordes rondom hom,almal eerloos afgemaai deur die swaard.Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes,maar nou dra hulle hulle vernederingsaam met dié wat reeds dood is;hulle het tussen die dooies beland.
26. “Mesek-Tubal en al sy hordes is daar;hulle grafte lê rondom syne;almal is eerloos deurboor met die swaard.Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes,