4. Jy het met jou wysheid en insig vir jou rykdom verwerf, jou skatkamers gevul met goud en silwer.
5. Jy het met jou groot wysheid en met handel jou rykdom nog meer gemaak, maar dit was juis jou rykdom wat jou hooghartig gemaak het.
6. “Daarom,” sê die Here my God, “omdat jy jou verbeel het jy is 'n god,
7. daarom gaan Ek ander nasies, wrede volke, teen jou laat optrek. Hulle sal die prag wat jou wysheid vir jou gebring het, met die swaard aanval en jou prag skend.
8. Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van 'n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see.
9. Sal jy vir dié wat aan jou 'n einde gaan maak, nog kan sê jy is 'n god? Vir dié wat vir jou dood gaan sorg, sal jy 'n mens wees, nie 'n god nie.
10. Ander volke gaan jou 'n eerlose dood laat sterf. Ek het gepraat,” sê die Here my God.
11. Die woord van die Here het tot my gekom:
12. “Mens, sing 'n treurlied oor die koning van Tirus. Sê vir hom: So sê die Here my God:“Jy was 'n seël wat met sorg vervaardig is,'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap:
13. jy is uitgebeeld in die godetuin Eden,omring deur kosbare edelstene:karneool, topaas, jaspis,chrisoliet, oniks, opaal,saffier, turkoois, smarag,en die reliëfwerk aan jou was van goud.So is jy gemaak die dag toe jy geskep is.
14. Jy is uitgebeeld as die gerubwat met uitgestrekte vlerke moes waghou,Ek het jou die opdrag gegee.Jy was op die heilige godeberg,daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene.