19. Almal onder die volke wat jou geken het,is skrikbevange oor wat met jou gebeur het.Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword,dit is vir altyd klaar met jou.”
20. Die woord van die Here het tot my gekom:
21. “Mens, draai jou gesig na Sidon toe en tree op as profeet teen hom.
22. Jy moet sê: So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Sidon, Ek gaan in jou my mag laat blyk. Dié stad se inwoners sal besef dat Ek die Here is. Ek sal hulle straf en hulle laat besef dat Ek die heilige God is.
23. Ek stuur pes in die stad in en bloedvergieting op sy strate. Sy vyande sal hom van alle kante af aanval, en sy inwoners sal binne-in hom doodgemaak word. Hulle sal besef dat Ek die Here is.