Esegiël 24:21-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Sê vir Israel: So sê die Here my God: Ek gaan my heiligdom ontwy, julle vesting waarop julle so trots is, wat julle soveel vreugde gee en waarvoor julle so lief is. Julle sal julle seuns en dogters aan hulleself oorlaat, en hulle sal met die swaard doodgemaak word.

22. “Julle sal dan doen soos ek nou doen: julle sal julle baard nie bedek nie en die kos nie eet wat mense by sulke geleenthede eet nie.

23. Julle sal tulbande op hê en skoene aan, julle sal nie treur nie en nie huil nie. Van julle sonde sal julle wegteer en by mekaar sit en kla.

24. “Ja, Esegiël sal vir julle die voorbeeld wees om in alles na te volg. Wanneer dit gebeur, sal julle besef dat Ek die Here God is.

25. “En jy, mens, die dag wanneer Ek hulle vesting wegvat, hulle vreugde en hulle roem wat hulle soveel vreugde gee en alles is wat hulle begeer, en ook hulle seuns en hulle dogters,

26. dié dag sal daar 'n vlugteling na jou toe kom om vir jou die berig te bring.

27. Dié dag sal jy kan praat met die vlugteling, jy sal praat en nie meer stom wees nie. So sal jy vir hulle 'n voorbeeld wees, en hulle sal besef dat Ek die Here is.”

Esegiël 24