Esegiël 24:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here het tot my gekom op die tiende van die tiende maand, in die negende jaar:

2. “Mens, jy moet dié datum aanteken, presies dié datum. Die koning van Babel het Jerusalem vandag aangeval.

3. Vertel vir dié weerbarstige volk 'n gelykenis. Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God:“Sit 'n pot op die vuur, sit dit open gooi daar water in.

4. Sit vleis daarin,net goeie vleis,boud en blad,en sit die beste bene by,

5. vat van die beste skape.Pak die brandhout in 'n ring onder die poten laat dit kook;maak die bene gaar saam met die vleis in die pot.”

6. So sê die Here my God: “Ellende wag vir die stad van bloedvergieting, die verroeste pot waarvan die roes nie wil afkom nie. Haal stuk vir stuk vleis uit, moenie uitsoek nie.

Esegiël 24