Maar ook die kinders het hulle teen My verset. Hulle het nie volgens my voorskrifte gelewe nie en nie my bepalings nagekom waarvolgens elkeen moes optree om in die lewe te bly nie. Hulle het my sabbatte ontheilig. Ek het gedink Ek sal my toorn oor hulle laat losbreek en my woede op hulle koel daar in die woestyn.