8. Die mense het die nasies in die lande rondomteen hom aangehits,en dié het hulle vangnet oor hom gegooien hom in 'n vanggat gevang.
9. Hulle het hom in 'n hok gesiten hom met hake na die koning van Babel toe gesleep.Hulle het hom daar gevange laat housodat hulle nie weer sy brul sou hoef te hoorop die berge van Israel nie.
10. “Jou ma was soos 'n wingerdstokwat langs die water geplant is.Van die baie waterhet hy druiwe en ranke gehad.
11. Hy het sterk lote gehad,geskik vir koninklike septers.Hy het hoog gegroei, tot by die wolke,en jy kon hom uitken aan sy hoogte en sy baie ranke.