Esegiël 15:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here het tot my gekom:

2. “Mens, wat is wingerdhout beter as die kreupelhout tussen die bome in die bos?

3. Word dit gebruik om iets van te maak, of gebruik iemand 'n stuk daarvan vir 'n pen om enigiets aan op te hang?

4. Nee, dit word in die vuur gegooi om te brand. En as die twee punte gebrand is en die middel is geskroei, deug dit dan nog vir iets?

5. Ook toe dit nog ongeskonde was, kon jy nie iets daarvan maak nie, en as dit gebrand en geskroei is, kan jy dit dan nog gebruik om iets te maak?”

Esegiël 15