Esegiël 11:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Gees het my opgetel en my gebring na die oostelike poort van die huis van die Here, die poort wat oos kyk. Daar by die ingang van die poort was vyf en twintig man, en tussen hulle het ek vir Jaäsanja seun van Assur en vir Pelatja seun van Benaja gesien, leiers van die volk.

2. Die Here het vir my gesê: “Mens, dit is die manne wat die sonde bedink en die slegte leiding in hierdie stad gee.

3. Hulle sê: ‘Dit is nie nou tyd om huise te bou nie. Die stad is die pot en ons is die vleis.’

4. Tree op as profeet teen hulle, tree op as profeet, mens.”

5. Die Gees van die Here het oor my gekom en vir my gesê: “Jy moet sê: So sê die Here: Julle het dit gesê, Israel, Ek ken die gedagtes wat by julle opkom.

6. Julle het baie mense in hierdie stad vermoor, julle het sy strate vol lyke gemaak.

7. “Maar,” so sê die Here my God, “die vleis is die mense vir wie julle in die stad doodgemaak het, en die stad is die pot, en vir julle sal Ek daar uithaal.

Esegiël 11