Eksodus 9:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daarna het die Here vir Moses gesê: “Gaan sê vir die farao: So sê die Here die God van die Hebreërs: Laat my volk gaan om My te dien.

2. As jy weier om hulle te laat gaan en hulle bly vashou,

3. sal die Here sy mag toon met 'n baie swaar pes onder al jou vee in die veld: perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee.

4. Die Here sal onderskeid maak tussen die vee van Israel en dié van Egipte: daar sal nie 'n enkele stuk vee van die Israeliete vrek nie.”

5. Die Here het 'n tyd vasgestel en Hy het gesê Hy sal dit die volgende dag in Egipte laat gebeur.

6. Die volgende dag doen Hy dit toe ook, en al die vee van Egipte is dood, maar van die vee van die Israeliete is daar nie een dood nie.

Eksodus 9