33. Hulle het die tabernakel, die tent met al sy toebehore, na Moses toe gebring: die kramme, die rame, die dwarslatte, die style met hulle voetstukke;
34. die seil van rooigekleurde ramsvel, die seil van gebreide vel, die voorhangsel,
35. die ark met die getuienis, die draaghoute, die deksel,
36. die tafel met sy draaghoute en al sy toebehore, die offerbrood;
37. die gewyde kandelaar met sy ry lampe en toebehore en olie vir die lampe,
38. die goue altaar, die salfolie, die geurige wierook en die afskorting vir die tentdeur;
39. die bronsaltaar met al sy toebehore, die bronstraliewerk waaraan die draaghoute vas was, die waskom met sy voetstuk,
40. die gordyne van die voorhof, hulle style met hulle voetstukke, die afskorting vir die deur van die voorhof met sy toue en penne, en al die ander toebehore vir die diens in die tabernakel, die tent van ontmoeting;
41. die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen.
42. Die Israeliete het alles gemaak net soos die Here vir Moses beveel het.
43. Moses het al die werk geïnspekteer en gesien dat dit gemaak is soos die Here beveel het. Toe het Moses die vakmanne gelukgewens en bedank.