17. Hulle het daarna vyftig lissies gemaak vir die een kant van die een strook en so ook vyftig vir die een kant van die ander strook.
18. Hulle het vyftig bronshakies gemaak om die tent aanmekaar te hou sodat dit een geheel kon wees.
19. Hulle het verder ook 'n seil van rooigekleurde ramsvelle gemaak en 'n seil van gebreide vel daarbo-oor gespan.
20. Hulle het rame van doringhout vir die tabernakel gemaak om dit regop te hou.
21. Elke raam was vyf meter lank en 'n driekwart meter breed.
22. Daar was twee tappe vir elke raam om die rame aanmekaar te voeg. Al die rame vir die tabernakel is so gemaak.
23. Hulle het twintig rame gebruik vir die raamwerk aan die suidekant, die regterkant van die tabernakel.
24. Die mense het verder ook veertig silwervoetstukke gemaak en onder die twintig rame gesit, twee voetstukke onder elke raam, een by elke tap. Onder elke raam was dus twee voetstukke, by sy twee tappe.
25. Vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, het hulle ook twintig rame gemaak.
26. Vir hulle was daar veertig silwervoetstukke, twee voetstukke vir elke raam.
27. Hulle het vir die agterkant, die westekant van die tabernakel, ses rame gemaak.
28. Hulle het verder nog twee rame gemaak vir die hoeke aan die agterkant van die tabernakel.
29. Hierdie rame was versterk van onder tot bo, tot by die boonste ring. Dit was die hoekrame.
30. Daar was dus ag rame met hulle sestien silwervoetstukke, twee voetstukke vir elke raam.