Eksodus 29:9-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Bind die serpe om Aäron en sy seuns en bind die kopdoeke vir hulle vas. Die priesterskap moet vir hulle 'n blywende amp wees.“Jy moet vir Aäron en sy seuns soos volg wy:

10. bring die bul tot voor die tent van ontmoeting. Dan moet Aäron en sy seuns hulle hande op die bul se kop sit.

11. Slag dan die bul by die deur van die tent van ontmoeting in my teenwoordigheid.

12. Vat van die bul se bloed en smeer dit met jou vingers aan die horings van die altaar. Gooi dan die bloed aan die voet van die altaar uit.

13. Vat al die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niere en die niervet en verbrand dit op die altaar.

14. Jy moet die bul se vleis, vel en pensmis buite die kamp verbrand. Dit is 'n sondeoffer.

15. “Vat dan die een ram en laat Aäron en sy seuns hulle hande op sy kop sit.

16. Slag die ram, vat sy bloed en sprinkel dit oral op die altaar.

17. Sny die ram op in stukke, was sy binnegoed en pootjies en sit dit neer by die stukke vleis en die kop.

18. Verbrand dan die hele ram op die altaar. Dit is 'n brandoffer vir My, die Here, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.

19. “Vat die ander ram en laat Aäron en sy seuns hulle hande op sy kop sit.

Eksodus 29