13. Vat al die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niere en die niervet en verbrand dit op die altaar.
14. Jy moet die bul se vleis, vel en pensmis buite die kamp verbrand. Dit is 'n sondeoffer.
15. “Vat dan die een ram en laat Aäron en sy seuns hulle hande op sy kop sit.
16. Slag die ram, vat sy bloed en sprinkel dit oral op die altaar.
17. Sny die ram op in stukke, was sy binnegoed en pootjies en sit dit neer by die stukke vleis en die kop.
18. Verbrand dan die hele ram op die altaar. Dit is 'n brandoffer vir My, die Here, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.