Eksodus 29:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. bring die bul tot voor die tent van ontmoeting. Dan moet Aäron en sy seuns hulle hande op die bul se kop sit.

11. Slag dan die bul by die deur van die tent van ontmoeting in my teenwoordigheid.

12. Vat van die bul se bloed en smeer dit met jou vingers aan die horings van die altaar. Gooi dan die bloed aan die voet van die altaar uit.

Eksodus 29