15. “Jy moet rame van doringhout maak vir die tabernakel om dit regop te hou.
16. Elke raam moet vyf meter lank en 'n driekwart meter breed wees.
17. Daar moet twee tappe vir elke raam wees om die rame aanmekaar te kan voeg. So moet jy al die rame vir die tabernakel maak.
18. “Maak twintig rame vir die raamwerk aan die suidekant, die regterkant van die tabernakel.
19. Verder moet jy veertig silwervoetstukke maak om onder die twintig rame te sit, twee voetstukke onder elke raam by sy twee tappe.
20. “Vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, moet daar ook twintig rame wees.
21. Vir hulle moet daar ook veertig silwervoetstukke wees, twee voetstukke onder elke raam.
22. Jy moet ses rame maak vir die agterkant, die westekant van die tabernakel.
23. Jy moet ook nog twee rame maak vir die hoeke aan die agterkant van die tabernakel.