1. “Jy moet 'n tabernakel maak. Gebruik daarvoor tien stukke materiaal: goed geweefde linne en blou, pers en bloedrooi wolstof. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur.
2. Elke stuk materiaal moet veertien meter lank en twee meter breed wees, almal moet presies ewe groot wees.
3. Werk die stukke materiaal vyf-vyf aanmekaar vas.
4. Jy moet dan blou lissies vaswerk aan die een kant van die een strook materiaal en so ook aan die een kant van die ander strook,