Eksodus 25:34-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

34. Vir die hoofstam van die kandelaar moet daar vier blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare wees.

35. Verder moet daar 'n knop wees onder elke paar arms van die kandelaar, drie vir die ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak.

36. Die knoppe en die arms moet alles wees uit een stuk suiwer geslae goud.

37. Jy moet sewe lampies maak en dit so op die kandelaar vassit dat dit lig gee na sy voorkant toe.

38. Die pithouers en bakkies van die kandelaar moet van suiwer goud wees.

39. Al hierdie voorwerpe moet uit vier en dertig kilogram suiwer goud gemaak word.

40. Sorg dat jy dit maak volgens die plan wat vir jou op die berg gewys is.”

Eksodus 25