Eksodus 20:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:

2. “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

3. Jy mag naas My geen ander gode hê nie.

4. “Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.

Eksodus 20