Eksodus 2:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Man uit die stam Levi was met 'n Levitiese meisie getroud.

2. Die vrou het swanger geword en 'n seuntjie in die wêreld gebring. Toe sy sien hoe mooi is hy, het sy hom drie maande lank weggesteek.

3. Langer kon sy hom nie wegsteek nie. Daarom het sy vir hom 'n biesiemandjie gekry en dit met klei en pik dig gemaak. Sy het die seuntjie daarin neergelê en dit tussen die riete aan die kant van die Nyl gesit.

4. Sy suster het op 'n afstand gaan staan om te sien wat met hom gebeur.

5. 'n Dogter van die farao het afgegaan Nyl toe om te swem, en die jongmeisies wat haar vergesel, het aan die kant van die rivier geloop. Toe sy die mandjie tussen die riete sien, stuur sy haar diensmeisie om dit te gaan haal.

Eksodus 2